CoetzeeSmit Geoktrooieerde Rekenmeesters | Geregistreerde Ouditeure
LEERLINGREKENMEESTER 2024
Ons opleidingskantoor neem tans aansoeke vir leerlingrekenmeesters vir die 2024 jaar. Ons is opsoek na dinamiese, gedissiplineerde en hardwerkende persone wat beskikbaar is vir ‘n langtermyn SAICA of SAIPA opleidingskontrak.
Indien u aan die volgende minimum vereistes voldoen, e-pos asseblief u CV en u jongste uitslae na: admin@coetzeesmit.co.za
Minimum vereistes:
- Vlot tweetalig in Afrikaans en Engels
- Goeie kommunikasie en mensevaardighede
- Moet van voorneme wees en kwalifiseer om vir graadstudies te registreer (Bachelor of Accounting Sciences in Financial Accounting)
- Toewyding en ernstige passie om die SAICA of SAIPA opleidingstrak te voltooi, wat die eerste stap is na moontlike kwalifikasie as Geoktrooieerde Rekenmeester (CA)(SA).
Ons bied ‘n vyfdag werksweek, aangename werksomstandighede, groeplewensversekering en lidmaatskap tot CAMAF mediesefonds. U ontvang ook ‘n rekenaartoelaag om u in staat te stel om die voorgeskrewe rekenaar wat u gaan benodig, aan te koop.
Onderhoude sal gereël word na oorweging van die aansoeke wat ontvang is. Indien u geen terugvoering van ons ontvang binne 2 weke na die sluitingsdatum nie, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou.
Aansoeke sluit Vrydag 29 September 2023.
Please e-mail your CV to amanda@coetzeesmit.co.za or complete the form on this page.
Amanda Clase
051 405 0100
amanda@coetzeesmit.co.za